Groothertogin Tatjana Nikolajewna van Rusland

Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Nikolajewna en die van is Romanowa.

Tatjana Nikolajewna
Groothertogin Tatjana Nikolajewna, c. 1914.
Gebore
Tatjana Nikolajewna Romanowa
(Татьяна Николаевна Романова)

(1897-06-10)10 Junie 1897
Sterf17 Julie 1918 (op 21)
NasionaliteitRussies
TitelGroothertogin
Ouer(s)Nikolaas II van Rusland
Aleksandra Fjodorowna

Groothertogin Tatjana Nikolajewna van Rusland (Tatjana Nikolajewna Romanowa; Russies: великая княжна Татьяна Николаевна, welikaja knjazjna Tatjana Nikolajewna; 10 Junie [O.S. 29 Mei] 1897 – 17 Julie 1918) was die tweede oudste dogter van die laaste tsaar, Nikolaas II van Rusland, en sy vrou, Aleksandra Fjodorowna.

Sy was in haar leeftyd bekender as haar drie susters en was tydens die Eerste Wêreldoorlog voorsitter van die Rooi Kruis-komitees. Nes haar ouer suster, Olga, het sy tussen 1914 en 1917 gewonde soldate in ’n militêre hospitaal versorg, totdat die gesin tydens die Russiese Rewolusie in hegtenis geneem is. Haar jonger sibbes was Maria, Anastasia en Aleksei.

Tatjana se teregstelling in 1918 in Jekaterinburg saam met die res van haar gesin het daartoe gelei dat sy saam met hulle as heiliges van die Russies-Ortodokse Kerk verklaar is. Sy is in 1998 in die Katedraal van Petrus en Paulus in Sint Petersburg begrawe saam met haar ouers en twee van haar susters.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search